Monday 10 February 2014

Sjokolade-pasteitjies




Sjokolade-pasteitjies
Lewer sowat 16 pasteitjies
 Bereiding: 15 minute
 Gaarmaaktyd: 10-15 minute

500 g skilferkorsdeeg, ontdooi
 200 g neutsjokolade, in blokkies gebreek
 geklitste eier
 kaneelsuiker

1.Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat.
2.Rol die deeg effens dunner uit. Druk sirkels uit van sowat 5 cm in deursnee.
3.Plaas die helfte van die sirkels op ’n oppervlak, plaas ’n stukkie sjokolade op elkeen en verf geklitste eier om die kante.
4.Plaas nog ’n sirkel bo-op. Druk die kante vas met ’n vurk, verf die deeg met die geklitste eier en sprinkel kaneelsuiker oor.
5.Bak 10-15 minute of tot die deeg gaar is en uitgepof het. Sit warm of louwarm voor.
(Huisgenoot)