Wednesday 5 February 2014

STEAKREPIES IN DEEG




Lourens de Lange
STEAKREPIES IN DEEG

1 kg tenderised steak
2 eiers
180 ml melk...
5 ml knoffelsout of so halwe tl vlokkies (opsioneel)
5 ml hoenderspeserye of bbq spices of enige speserye na smaak
180 ml koekmeelblom
Olie

1. Sny vleis in repies en bedek met speserye.
2. Klits eiers en melk saam.
3. Plaas vleisrepies in bak en bedek met eier- en melkmengsel.
4. Plaas bak in yskas vir 'n uur.
5. Doop die repies een vir een in die koekmeelblom.
6. Braai in pan met vlak olie op medium hitte.
7. Bedien met skyfies en slaai of kapokaartappels en mengelslaai. Maak lekker rys met 'n sous by en groente van jou keuse.