Wednesday 5 February 2014

Spek, ertjie en basilie-pasta





Lourens de Lange
Spek, ertjie en basilie-pasta

Bestanddele
1 pakkie Royco laevet-sampioensous
300g tagliatelle-pasta...
250g spek, in blokkies gesny
1½ koppie gaar ertjies
1 handvol vars basilieblare

Metode
Berei pasta en sampioensous volgens aanwysings op pakkies.
Verhit ’n groot kleefvrye pan en braai spek totdat dit ligbruin is. Voeg kruie en er¬tjies by en verhit regdeur. Verdeel pasta in bakkies en gooi sous oor. Versier met vars basilieblare en bedien.