Wednesday 5 February 2014

Steakslaai.




Steakslaai.

•1 kruisskyf (rump) van 300 g
•100 ml soet Indonesiese sojasous
•2 rooi soetrissies...
•100 g vars roket- of spinasieblare
•1 driehoek briekaas
•2 koppies penne-pasta, gaar

Só maak jy
1.Braai die kruisskyf oor warm kole tot halfgaar (rare). Haal dit van die kole af, plaas dit in ’n bak en gooi die sojasous bo-oor.
2.Braai die soetrissies op die rooster totdat die skille swart raak.
3.Haal die soetrissies af en sit dit in ’n plastieksak of ’n bak wat jy met plastiek bedek. Laat dit sweet vir 10 minute en trek dan maklik die skille af. Sny dit in die helfte, verwyder die saad, en sny dit dan in repe.
4.Sny nou die kruisskyf ook in dik repe en rangskik dit saam met die roketblare, soetrissie en brokke kaas bo-op die pasta. Sprinkel ’n bietjie sojasous bo-oor en sit dit voor saam met vars brood.

Wenk: As jy nie Indonesiese sojasous kan kry nie, kan jy sommer gewone sojasous gebruik en net ’n eetlepel bruinsuiker daarby roer.