Wednesday 12 February 2014

Speelklei wat gebak word




Speelklei wat gebak kan word:

Resep 1:
2 k meel
1 k sout
1 eetlepel olie
175 ml water
Meng alles saam.
Laat kinders met klei speel en iets vorm.
Bak teen 180° tot hard alternatiewelik los in die son vir 2 dae.

Resep 2:
270g (2 gelykvol koppies) meel
320g (1 gelykvol koppie) sout
180ml (3/4 koppie) water
10ml kookolie
Meet droë bestanddele af en meng goed.
Skep uit op werkoppervlak en knie goed vir ±10 minute – dit is belangrik dat die vir 10 min te knie, omdat dit die gluteninhoud ontwikkel en dit baie meer hanteerbaar maak. Rol ‘n klein bietjie deeg uit in ‘n klein balletjie en as dit nie kraak nie weet jy dit is reg om te gebruik.
Kan gekleur word met voedselkleursel, koffie, paprika/speserye.
Hou klaarbereide deeg bedek terwyl dit nie gebruik word nie.
Deeg kan met bietjie water geverf word om op mekaar te “plak”.
Bak teen 180 grade Celsius tot droog (afhangend van dikte van model) op bereide bakplate.
Laat afkoel.
Verf en vernis soos nodig.