Wednesday 12 February 2014

Rolo Kolwyntjies


 
 
Kolwyntjie

Bestanddele...
2 koppie bruismeel (gesif)
3/4 koppie strooisuiker

3/4 koppie melk
125g botter (smelt en laat afkoel)
2 eiers (geklop)
1 teelepel vanieljegeursel
Rolo

Versiersuiker
1 1/2 koppies versiersuiker
Koskleursel
1 eetlepel water

Metode

Stap 1
Meng meel en strooisuiker in bak. Maak ’n holte in die middel.

Stap 2
Voeg melk, botter, eiers en vanieljegeursel by die droë mengsel. Meng liggies.

Stap 3
Skep mengsel in voorbereide muffinpan (Skep 'n bietjie deeg in die houertjie en sit 'n rolo in die middle, skep die res van die deeg in). Bak in voorverhitte oond teen 200˚ vir 12 tot 15 minute. Laat afkoel.

Stap 4
Versiering: Sif versiersuiker in bak. Voeg koskleursel en water by. Meng tot gladde mengsel. Skep versiersuiker oor kolwyntjies
 
 
Probeer dit met 'n sjokolade / milo kolwyntjie ook, hemels