Wednesday 12 February 2014

Appelkaaskoek





Appelkaaskoek

Lewer 1 koek (10 snye)
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute...

KORS
200 g gemmerkoekies, gekrummel
60 ml (¼ k) botter, gesmelt vulsel
3 appels, geskil en ontstronk
60 ml (¼ k) suiker
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) room
1 houer (230 g of 250 g) roomkaas
125 ml (½ k) suiker
2 eiers
250 ml (1 k) suurroom
sap en gerasperde skil van
1 suurlemoen

BOLAAG
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) sagte bruinsuiker
1 ml (¼ t) gemmer
60 ml (¼ k) botter

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 20 cmveerklamppan uit met bakpapier. Smeer die papier.
1.KORS Meng die koekiekrummels en gesmelte botter goed en druk dit op die boom van die voorbereide pan vas.
2.VULSEL Sny die appels in skywe van 8 mm dik. Verhit die appelskyfies, suiker en botter in ’n pan oor matige hitte en soteer die appels 3-5 minute tot sag. Voeg die room by en laat nog 5 minute prut; hou eenkant.
3.Klits die roomkaas en suiker tot glad. Klits die eiers een vir een by tot net gemeng. Klits die suurroom, suurlemoenskil en -sap by.
4.Rangskik die appelskyfies oor die kors en giet die kaasmengsel oor.
5.BOLAAG Meng al die bestanddele van die bolaag tot krummelrig en sprinkel oor die vulsel. Bak 45 minute of tot net gestol. Laat heeltemal afkoel en plaas minstens 4 uur in die yskas voor dit voorgesit word.

(Huisgenoot)