Monday 24 February 2014

Sjokolade-mengerkoek




Sjokolade-mengerkoek

Dié maklike koek word in die elektriese menger aangemaak en is flatervry.
LEWER 1 KOEK (12-15 SNYE)
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 60-80 minute

KOEK
30 ml (2 e) witasyn
375 ml (1½ k) melk
440 ml strooisuiker
560 ml (2¼ k) koekmeel
180 ml (¾ k) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
250 g botter, versag
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
4 eiers
VERSIERSEL
2 blikke (360 g elk) karamelkondensmelk
Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n vierkantige 22 cm-pan en voer die boom en kante met ’n dubbellaag bakpapier uit. Smeer die papier goed.
  1. KOEK Meng die asyn en melk. Sif die suiker, meel, kakao en koeksoda saam. Plaas die gesifte droë bestanddele, botter, vanielje, eiers en melkmengsel in die bak van ’n elektriese klitser en klits teen ’n lae spoed tot die bestanddele gemeng is. Klits dan 2 minute lank teen ’n matige spoed tot die beslag glad is.
  2. Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 70 minute of tot gaar. Laat die koek 5 minute in die pan afkoel en keer dit dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel. Verwyder die papier.
  3. VERSIERSEL Smeer die karamel teen die kante en bo-op die koek en versier soos verkies
(Huisgenoot)