Monday 24 February 2014

Italiaanse lensieslaai



Italiaanse lensieslaai

1 blik (410 g) lensies, goed gedreineer
15 ml wit druiwe-asyn
45 ml olyfolie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
2 groen soetrissies, in dun repies gesny
1 rooi ui, in dun repies gesny
2 wiele fetakaas, grof gekrummel
60 ml gekapte, gemengde vars kruie
Skeut vars suurlemoensap

Sit die lensies, asyn, olie, sout en peper saam in 'n bak. Voeg die dun gesnyde soetrissie, ui en fetakaas by en meng liggies. Verkoel in 'n lugdigte houer tot nodig en roer dan die kruie asook 'nskeut vars suurlemoensap by. Genoeg vir vier mense.