Monday 24 February 2014

Bevrore dulche de leche-kaaskoek met tropiese vrugte




Bevrore dulche de leche-kaaskoek met tropiese vrugte

Genoeg vir: 8-10
Bereidingstyd: 30 minute, plus vriestyd

• 125 ml pynappelsap
• 10 ml gelatienpoeier
• 1 bakkie roomkaas
• 1 blik karamel (Caramel Treat)
• 10 ml vanieljegeursel
• 250 ml room
• geroosterde klapperskaafsels
• tropiese vrugte (grenadella, mango, papaja, pynappel)

Kors
• ¾ pakkie Tennis-koekies
• 60 ml geroosterde klapper
• 80 ml gesmelte botter

1 Kors Maak die koekies fyn. Meng met die botter en klapper. Voer ’n 20 cm-veerklamppan met bakpapier en druk die krummelmengsel daarop vas.

2 Gooi helfte van die pynappelsap in ’n mikrogolfvaste bakkie. Voeg die gelatien by, laat week vir ’n paar minute en verhit vinnig in die mikrogolfoond tot gesmelt. Roer. Gooi die orige pynappelsap by.

3 Klits die roomkaas en karamel saam tot glad. Roer die pynappelsap geleidelik by.

4 Voeg die vanielje by die room, klits tot dit stywe punte vorm en vou dit in by die karamelmengsel. Skep dit in die kors. Bedek die pan met kleefplastiek en vries dit.

5 Sprinkel geroosterde klapperskaafsels bo-oor. Bedien dit saam met ’n tropiesvrugte-slaai.

(Idees)