Tuesday 25 February 2014

Sitrus vir tafel kleur


Kyk net hoe oulik kan lemmetjies dien as tafel versierings.  (Ek het hierdie fototjie by Pinetrest gaan leen om vir jul die idee in my kop te probeer oordra.)
Jy kan dieselfde ook doen met oranje lemoene (dit lyk baie vrolik) of meng die groen lemmetjies met geel suurlemoene.  Om jou kleurskema dan verder "aan te wakker" kan jy glas silinders vul met dieselfde sitrus vrugte en water.  As jy "soos op die foto" enkel blommetjies gebruik, kan jy blomkoppies van dieselfde soort hier en daar tussen die sitrus plaas in die silinders.
Siedaar 'n baie goedkoop manier om op groot skaal jou kleurskema om 'n tafel te vestig.
Veral as jy 'n sitrusboom in jou tuin het - nou het jy nog meer rede om een te plant.  :-)