Tuesday 25 February 2014

'n Geskenk in 'n mengbak...


'n Oulike idee vir 'n vriendin as geskenk:
In stede van net 'n plant in die winkel of by die kwekery gaan koop en dit in haar hande stop, wys haar jy het bietjie ekstra aan haar gedink en ekstra moeite gedoen.  Die geheim is dat jou geskenk "tuisgemaak moet lyk" en daarvoor is die plan om 'n mooi mengbak as begin punt te gebruik.  Hier is 3 idees: 

1)  Neem die plant wat jy gekoop het en sit dit binne in 'n mooi mengbak wat by haar kombuis sal pas.  Jy kan dan daarby nog 'n vadoek of 'n paar spesery potjies byvoeg en dit afrond met 'n lint.
2)  Saam met die plant kan jy dalk nog ander kleiner kruieplantjies ook in die mengbak plaas.  Sit eers die klein kruie plantjies elkeen in sy eie plastiek sakkie en rangskik dan rondom die groot plant in die mengbak.
3)  Sit jou plant in die mengbak en maak elke moontlike gaatjie rondom toe met haar gunsteling tydskrif of sjokolade.

Nou watter vrou sal nie van so 'n geskenk hou nie....