Tuesday 25 February 2014

Shrimps vir die beginner

Ons het gaan uitvind hoe om shrimps gaar te maak (vir die beginner kok) en hier is die basiese resep:
Kook genoeg water met sout daarin sodat dit die shrimps heeltemal bedek. 
Sodra die water vinnig kook, voeg die shrimps by. 
Kook dan vir 1 tot 3 minute tot die shrimps pienk kleur buite om en die vleis nie meer deurskynend van kleur is nie.
 
Wenk:  'n Kenner het ons vertel dat sodra die shrimps begin "krul" en mooi pienk buite is, is hulle gaar. Jy wil nie he hulle moet heeltemal 'n "o" vorm he nie, maar meer 'n "c" vorm.