Monday 10 February 2014

resep vir honde- en katplassies

 
 
 
Marietjie Marè
Hier's die resep vir honde- en katplassies om te keer dat troeteldiere keer op keer dieselfde plek as badkamer gebruik. Ek het die reseppie afgeskryf toe 'n veearts dit lank terug op RSG verskaf het. Dit verdoesel nie die reuk vir ons neuse nie, maar dit breek die proteine in die dier se urine af wat keer dat hulle weer daar gaan plassies maak: 150 ml water, 50ml wit asyn, 25 ml brandspiritus en 5ml Scubbs amoniak. Meng alles saam en gooi in 'n skoon spuitbotteltjie. Gebruik soos benodig.
Ek stel voor dat jy eers die mat/gordyne/linne vooraf toets dat dit nie skade aanrig nie.