Monday 10 February 2014

Braaibolletjies met roomsous en kaas




Lourens de Lange
Braaibolletjies met roomsous en kaas

1 kg gekoopte brooddeeg
1 pakkie Potato Bake (geur
van jou keuse)...
250 ml (1 k) vars room
250 ml (1 k) melk
1 knoffelhuisie, fyn gekap
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit ’n oondbak met kossproei.
Laat die deeg tot dubbel die grootte rys.
Meng die res van die bestanddele behalwe die kaas saam.
Giet die helfte van die roommengsel in die bak.
Knie die deeg af, maak bolletjies en pak dit in die roommengsel. Giet die res van die roommengsel oor en sprinkle die kaas oor.
Laat rys tot dubbel die grootte.
Bak sowat 40-50 minute of tot gaar.