Monday 24 February 2014

Gehekelde koekkoepel




Gehekelde koekkoepel

Jy benodig • 50 g-bol Elle Crochet No. 5 in wit kleur no. 001 • 2 mm-hekelpen • rek Vir die afwerking • suiker • kleefplastiek • kleeflint So maak jy Met 2 mm-hekelpen, hekel 6 ks, gls in 1e ks om ’n ring te vorm. 1e rdte: 5 ks, dsl in ring, 3 ks, (dsl, 1 ks, dsl, 3 ks) 5 keer, gls in 4e ks aan beg van rdte. 2e rdte: 5 ks, dsl in sp tussen (5 ks, dsl)
van vorige rdte, 3 ks, dsl in lus, 3 ks, * (dsl, 1 ks, dsl) in sp van vlg (dsl, 1 ks, dsl) van vorige rdte, 3 ks, dsl in lus, 3 ks *; her van * tot * 4 keer, gls in 4e ks aan beg van rdte. 3e rdte: 5 ks, dsl in sp tussen (5 ks, dsl) van vorige rdte, 3 ks, dsl in lus, 3 ks, dsl in vlg lus, 3 ks * (dsl, 1 ks, dsl) in sp van vlg (dsl, 1 ks, dsl) van vorige rdte, 3 ks, dsl in lus, 3 ks, dsl in vlg lus, 3 ks *; her van * tot * 4 keer, gls in 4e ks aan beg van rdte. Gaan voort om ste net so in elke rdte te vermeer totdat die 13e rdte voltooi is. 14e rdte: 7 ks, * (dsl in vlg lus, 3 ks) 13 keer, dsl in sp tussen (dsl, 1 ks, dsl) van vorige rdte, 3 ks *; her van * tot * 5 keer, gls in 4e st aan beg van rdte. 15e rdte: hekel 2 gls, 7 ks, * dsl in vlg lus, 3 ks *; her van * tot * tot einde van rdte, gls in 4e st aan beg van rdte. 16e-19e rdtes: hekel net soos vir 15e rdte aangegee is. 20e rdte: * 5 ks, dsl in vlg dsl van vorige rdte, 3 dsl in lus, 6 ks, 3 dsl in vlg lus, dsl in vlg dsl van vorige rdte, 5 ks, kb in vlg dsl van vorige rdte *; her van * tot * tot einde van rdte, gls in 1e ks aan beg van rdte. 21e rdte: hekel 2 gls, 6 ks, (2 dsl saamgetrek in lus, 4 ks) 3 keer, 2 dsl saamgetrek in dies lus, 3 ks, lb in vlg lus, * lb in vlg lus, 3 ks, (2 dsl saamgetrek in lus, 4 ks) 3 keer, 2 dsl saamgetrek in dies lus, 3 ks, lb in vlg lus *; her van * tot * tot einde van rdte, slaan laaste lb oor, eindig met 3 ks, gls in 3e ks aan beg van rdte. 22e rdte: hekel 2 gls, 6 ks, * (lb, 3 ks, lb) in vlg lus, 3 ks *; her van * tot * twee keer, lb in vlg lus, lb in vlg lus; her van * tot * 3 keer, lb in vlg lus, her pat tot einde van rdte, gls in 3e ks aan beg van rdte. 23e rdte: 3 kb in elke lus, gls in 1e kb van rdte. Afwerking 1 Plak ’n omgekeerde sopbord van 24 cm in deursnee met kleeflint op ’n 24 cm-koekpan vas en bedek albei met kleefplastiek. 2 Los twee dele suiker in een deel kookwater op in ’n kastrol. Maak genoeg stroop om die hekelwerk te deurweek. Laat die stroop afkoel. Week die hekelwerk in die stroop en druk die oortollige stroop uit. 3 Trek die hekelwerk oor die koekpan en bind ’n rek om die onderrand van die hekelwerk. Trek die sykant van die hekelwerk af totdat die onderkant van die skulprand omtrent 8,5 cm van die borand van die koekpan is. Laat dit op ’n sonnige plek om droog te word. Dit kan dalk ’n paar dae neem om heeltemal droog te word. Haal die gestyfde hekel- werk versigtig van die pan af.

(Idees)