Sunday, 16 February 2014
Mynhardt en Tiaan se Ystervarkies met klapper en tee kors
Ystervarkies met klapper en tee kors Hierdie resep is so maklik en dit vat nie eers so lank om te maak nie. Dit is nou ’n kinkel op die normale donker sjokolade ystervarkies of lamingtons soos wat meeste van ons dit ken.
Hier kan jy slim wees ek koek koop by die winkel maar hier is ook ’n maklike resep om dit sommer self te maak.
• 8 heel eiers
• 250g witsuiker
• 250g koekmeelblom
Al wat jy doen is die eiers en die suiker saam klits tot jy ’n ligte mengsel kry wat linte vorm op die oppervlak as jy die klitser oplig. Nou vou jy net die meel met bietjie sout in die mengsel. Maak seker jy sif die meel baiE goed. Bak dit nou in ’n oondpan van jou keuse tot ’n stokkie skoon uitkom; dit neem nie veel langer as 20 minute nie. Sit nou die koek eenkant sodat dit goed kan afkoel.
Om die stroop te maak het jy die volgende nodig:
• 250 ml room
• 50 ml water
• 200g klapper
• 50g gegeurde vrugte en rooibos teeblare
Rooster eers die klapper in ’n pan en gooi dan die tee by. Maak seker jy meng dit goed sodat die tee goed rooster maar maak seker dat dit nie brand nie.
Verhit nou die room en die water in ’n potjie en gooi dan die sjokolade by. Roer goed deur sodat die sjokolade kan smelt. Doop gesnyde stukkies koek deeglik, maar versigtig in die stroop en rol dit dan in die afgekoelde klapper mengsel sodat dit aan al die kante bedek is. Sit nou die koek blokkie eenkant om effe af te koel voordat jy dit op die opdien borde sit.