Thursday 13 February 2014

Mynhardt en Tiaan se sjokolade salamis




Mynhardt en Tiaan se sjokolade salamis is doodeenvoudig om te maak en kan voor die tyd berei word en maak die wonderlikste geskenke. Dit kan ook lekker in die yskas hou en kan uitgehaal word vir daardie ou TV-fliek oomblikke.

*Halwe koppie fyngemaakte amandels
*Halwe koppie gekapte okkerneute
*Een koppie grof gekapte Biscotti
*6 eetlepels botter
*¼ koppie sterk koffie
*500g goeie sjokolade
*Een telepel lemoenskil, gerasper
*Halwe koppie versiersuiker vir die rol van die salamis

-Smelt die sjokolade en die botter saam in 'n dubbelkoker oor matige hitte. Wees versigtig vir te warm aangesien die sjokolade maklik kan versuiker.
-Roer goed en voeg die koffie by. Haal van die hitte af en voeg die res van die bestandele behalwe die versiersuiker by. Roer goed deur en gooi uit op 'n bakplaat met waspapier en laat rus in die yskas vir sowat 'n halfuur tot net-net geset.
-Haal uit en verdeel die mengsel in tien. Rol salami-vormige worsies met jou hande en rol in die versiersuiker. Draai toe in waspapier en hou in die yskas.