Monday 24 February 2014

Mynhardt en Tiaan se Die maklikste vanieljekoek




Die maklikste vanieljekoek
“Dis die maklikste koek ooit. Die beslag kan ook gebruik word om kolwyntjies te bak,” sê Tiaan.

Bereidingstyd
2 ure

Aanwysings
1 Klits 8 eiers en 250 g strooisuiker saam tot baie lig en donsig.  
2 Vou 250 g gesifte koekmeel by. (As jy ’n sjokoladekoek wil bak, vervang 50 g van die meel met ka­kao.)
3 Skep die beslag in twee ge­smeerde losboom­panne en bak dit vir so 25 minute teen 180 oC tot gaar.

Nota
Dié resep maak twee koeke. As jy soos Tiaan-hulle vier aparte lae wil stapel, verdubbel die resep.

Versiersel
Aanwysings
1 Room 500 g sagte botter, 500 g gesifte versiersuiker en die saadjies van een vanieljepeul saam tot glad.
2 Voeg nog 500 g gesifte versiersuiker en 30 ml kookwater bietjies-bietjies by en roer tot glad.
3 Verdeel die versiersel en kleur
met koskleursel in helder kleure van jou keuse.
4 Rond die koeke treffend af met patrone gesny uit gekoopte fondant-versiersel, as jy wil.