Thursday 13 February 2014

Kits-sjokoladeglase



Kits-sjokoladeglase

Genoeg vir 6 mense...

500 g klaargemaakte sjokolademousse
100 g meringues, grof gekrummel
1 pak (200 g) Romany Creamkoekies, grof gekrummel
250 ml (1 k) room, styf geklits

6-8 vars kersies
1.Skep die helfte van die sjokolademousse in 6 lang glase.
2.Skep die helfte van die gekrummelde meringue bo-op, gevolg deur die gekrummelde Romany Creams.
3.Herhaal die lae.
4.Skep ’n groot lepel vol room bo-op elke nagereg en rond elke glasie af met ’n kersie.