Thursday 13 February 2014

Hondebeen-beskuitjies




Hondebeen-beskuitjies
Maak: omtrent 30
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 50 minute
Oondtemperatuur:160˚C

• 70 ml (65 g) sagte margarine
• 10 ml Marmite
• 140 ml (75 g) melkpoeier
• 1 groot eier
• 715 ml (500 g) volkoringmeel
• 125 ml (50 g) biltongpoeier

1 Meng die margarien en Marmite saam en voeg 220 ml warm water by. Roer die melkpoeier en eier by om ’n gladde pasta te kry.
2 Voeg die meel en biltong bietjies-bietjies by. Knie vir vyf minute en rol tot 1 cm dik uit. Sny hondebeen-vorms daaruit en pak dit op ’n gesmeerde bakplaat.
3 Bak die beskuitjies in die verhitte oond vir 50 minute tot goudkleurig. Laat afkoel en hard word en bêre in ’n lugdigte houer.