Thursday 13 February 2014

Katjie-grondboonbotterhappies (Hondekoekies)




Katjie-grondboonbotterhappies  (Hondekoekies)
Maak: omtrent 40
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 40 minute
Oondtemperatuur:160˚C
• 250 ml (105 g) hawermout
• 500 ml (350 g) volkoringmeel
• 250 ml (310 g) gladde grondboontjiebotter
• 60 ml kanola-olie
• 1 groot eier
Meng al die bestanddele en 250 ml water saam in ’n bak. Rol die deeg tot omtrent 5 mm dik uit op ’n oppervlak waaroor jy lekker baie meel gestrooi het. Sny kat-vormpies daaruit en pak dit op ’n gesmeerde bakplaat. Bak vir 20 minute in die verhitte oond. Draai om en bak vir nog 20 minute of tot gaar en goudkleurig. Laat die beskuitjies op die bakplaat afkoel tot dit hard is en bêre in ’n lugdigte houer. Verpak dit so Pak die beskuitjies in ’n fles.