Tuesday 11 February 2014

Gekookte eierharte vir Valentynsdag





Gekookte eierharte vir Valentynsdag

Bestanddele
4 groot eiers, kamertemperatuur
1 eetlepel asyn
6 snye brood

stewige stuk karton

Metode
Vou ‘n stewige stuk karton in die lengte.
Bring die water en die asyn tot kookpunt in ‘n kastrol.
Gebruik ‘n drukspyker om ‘n klein gaatjie in die onderkant van elke eier te maak.
Kook die eiers vir 8 -10 minute (maak seker die eiers is heeltemal bedek met water).
Haal die eiers uit die kookwater en plaas dadelik in yswater.
Dop die eiers af terwyl hulle nog warm is.
Plaas die eiers binne-in die gevoude karton en druk ‘n lang, ronde voorwerp soos ‘n stewige strooitjie, ‘n dik sosatiestokkie of ‘n ronde Chinese eetstokkie daarop om ‘n gleufie aan die bo-kant te vorm.
Hou die stokkie in plek deur dit met rekkies aan beide kante van die eier aan die karton vas te bind.
Plaas in die yskas.
Laat afkoel en sny dan in die helfte deur om die hartjie-vorm te wys.
Bedien saam met hartvormige roosterbrood en kaviaar(“kavi-art”) vir Valentynsdag.