Tuesday 11 February 2014

Filo-worsrolletjies



Filo-worsrolletjies

  • 500 g boerewors
  • 15 ml (1 e) olie
  • 250 g (½ pak) filodeeg
  • 60 ml (¼ k) uiemarmelade
  • 45 ml (3 e) botter, gesmelt
  • Tamatiesous vir voorsit
  • Verhit die oond tot 200 °C.
    1. Smeer ’n bakplaat met olie en oondbraai die wors 15-20 minute. Sny in 15 cm-stukkies.
    2. Sny die filo in die helfte. Smeer ’n bietjie marmelade aan die onderkant van ’n vel filodeeg, pak ’n worsie op, smeer die kante met botter, vou in en rol op. Smeer rondom met botter en herhaal met die res van die bestanddele.
    3. Bak 15 minute en sit voor saam met tamatiesous.
    (Huisgenoot)