Lourens de Lange
GEBRAAIDE LEWER,UIE en SPEK
500 g lamslewer, skoongemaak
Water
7 ml sout ...
5 ml varsgemaalde swartpeper
100 ml melk
150 ml koekmeelblom
150 ml sonneblomolie
1 groot ui, in dunskywe gesny
1 groen rissie, fyngekap
15 ml suiker
30 ml bruinasyn
250gr spek - gesnipper
Week lewer 30 minute in genoeg water om te bedek. Dreineer en trek vel af. Sny in dun stukkies/repies. Geur met peper en 5 ml sout en giet melk oor. Week 30 minute. Haal lewerskywe uit melk en rol liggies in meel. Verhit olie in braaipan en braai lewer 5-10 minute aan elke kant, of tot dit ligbruin is. Braai spek tot gaar. Haal uit pan, dreineer en hou warm. Voeg uieskywe, , rissie, suiker, asyn en res van sout by olie in pan en braai/prut 10-15 minute. Voeg nog sowat 100 ml warm water by as jy meer sous wil hê. Gooi alles bymekaar, roer deur tot warm en dien op.
Porsies 4-6.
Opsioneel - jy kan saam met die spek ook bietjie sampioene braai en by die sous voeg.
Bedien met kapokaartappels, pap of rys