Tuesday 11 February 2014

PITMIELIE TERT




Lourens de Lange
PITMIELIE TERT

4 eiers
1 koppie melk
½ koppie karringmelk (of ½ kop melk met ½ eetl asyn)...
½ koppie bruismeel (of ½ kop meel en 5ml bakpoeier)
125g pitmielies, gedreineer
4 na 5 spruit uie gekap – of 1 uie gekap
425g tuna stukke in water, gedreineer, gevlok
1 koppie gerasperde kaas lekker

Metode
Verhit die oond tot 180 ° C.
Klits eiers, melk en karringmelk, geur met swartpeper.
Meng meel, pitmielies, uie, tuna en die kaas by. Voeg eier mengsel by en meng goed. Gooi in gesmeerde bakpan en sprinkel bietjie eksta kaas bo-oor.
Bak vir 35-40 minute tot gestol en goudbruin. Laat effe afkoel voordat jy dit sny. Bedien met brood en lekker mengelslaai.

Kan ook koud bedien word.