Tuesday 11 February 2014

Biltong poffertjies:




Lourens de Lange
Biltong poffertjies:

Bestaanddele:
500 ml bruismeel
2 ml sout...
Knypie rooipeper, (opsioneel, ek gebruik sommer klein bietjie witpeper)
500 ml verouderde Cheddar kaas, (ek gebruik sommer gewone) gerasper
150 of 200gram klam biltong, dun gekerf, en verder klein gesny.
500 ml. melk
2 extra groot eiers

Metode:
Spuit die muffinpannetjies se holtes met Spray & Cook.
Voorverhit jou oond op 200 grade C
Meng in ‘n dieperige bak, die koekmeel, sout, peper, kaas en biltong saam. Ek gooi altyd so ‘n teelepel bakpoeier hierby, Meng goed.
Klits die melk en eier saam, en meng sommer met ‘n houtlepel by die droe bestanddele. Skep die pannetjie-holtes so driekwart vol deegmengsel, plaas in die oond vir 10 tot 15 minute, tot mooi goudbruin.
Dis gaan so vinnig, ek hoop jy het meer as een muffin pannetjie!!
As jy dit in die groot holte muffinpanne bak, is dit amper ‘n ete, en hou nie so lank nie, ek bak sommer so 120 van die kleintjies op ‘n slag, seel dit in in Tupperware houer, en sit dit in die yskas. Jy sal hou van die rooipeper, maak ‘n groot verskil, maar my mense wil mos nie brandgoete eet nie. Waarskuwing!! Dit hou nie lank nie!!!
Julle sal oplet dat daar geen olie of margarien in die mengsel kom nie, dis omdat die kaas gewoonlik ryk genoeg is, veral as jy die goudgeel Cheddar, of die verouderde Cheddar gebruik