Friday, 14 February 2014

Aarbei Mojito

 
 

Zelda Geldenhuys Griessel
Aarbei Mojito (Pasella)
Genoeg vir 4

20 ml (4 t) strooisuiker
`n hand vol kruisement takkies
20 aarbeie, skoongemaak + ekstra vir voorsit
sap van 4 lemmetjies
250 ml (1 k) wit rum

1.Sit 2 takkies kruisement, strooisuiker en die sap van 1 lemmetjie saam in `n houer. Gebruik `n stamper of agterkant van `n houtlepel om die kruisement , suiker en aarbeie saam te kneus.

2.Skep oor in `n glas en vul met fynys.

3.Skink die wit rum by en vul met soda water. Bedien met ekstra lemmetjie wiggies en vars aarbeie.

Rum kan uitgelaat word vir nie_alkoholiese drankie