Thursday 16 January 2014

Vegetariese brijani




Lourens de Lange
Vegetariese brijani

10 ml (2 t) olie
15 ml (1 e) botter
2 uie, gekap...
2 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml (3 e) brijanimengsel
400 g blomkool-enbroccolimengsel, in kleiner boompies gebreek
750 ml (3 k) gaar basmatirys
1 blik (410 g) bruinlensies, afgespoel en gedreineer
sout en peper

1. Verhit die olie en botter en braai die uie en knoffel.
2. Voeg die brijanimengsel by en braai.
3. Voeg die blomkool-en-broccolimengsel by en roerbraai.
4. Meng die res van die bestanddele by en geur met sout en peper.

Sit voor met tamatie-sambal:
• 3 ryp tamaties
• 1 ui, fyn gekap
• 2 e (30 ml) gekapte, vars koljanderblare
• 1 e (15 ml) strooisuiker
• 2 t (10 ml) witasyn
• 1 t (5 ml) suurlemoensap
• ’n knippie sout
• ½ t (2,5 ml) witpeper