Thursday 16 January 2014

Somergroente-en-kruietert




Lourens de Lange
Somergroente-en-kruietert

2 rooi soetrissies, ontpit en in
repies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie...
350 g gekoopte skilferkorsdeeg
meel vir strooi
250 g ricottakaas
2 ryp tamaties, in dun skyfies gesny
15 ml (1 e) vars tiemieblare
15 ml (1 e) grasuie of basilie,
gekap
50 g parmesaankaas, gerasper
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tertbak van 20 x 30 cm.
1. Pak die soetrissierepies op ’n bakplaat, bedruip met die helfte van die olyfolie en rooster 12-15 minute onder die element tot sag.
2. Rol die deeg op ’n meel bestrooide oppervlak uit en voer die tertbak 20 cm daarmee uit. (Jy kan dit ook net in ’n reghoek
3. sny.) Prik die basis.
4. Verroom die ricotta tot sag en skep op die deeg. Pak die rissies, tamaties en kruie bo-op en bedruip met die orige olyfolie. Rond af met die parmesaan en geur na smaak.
5. Bak 20 minute tot goudbruin.
Sit dadelik voor.