Thursday 23 January 2014

Tuna-rysslaai




Lourens de Lange
Tuna-rysslaai

500 ml (2 k) rys, gekook en verkoel
2 blikke (170 g elk) tuna, gevlok
250 ml (1 k) bevrore ertjies, ontvries...
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
2 tamaties, gekap
3 sprietuie, in skywe gesny
’n hand vol pietersielie, gekap
60 ml (¼ k) mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper

1 Plaas die rys en tuna in ’n groot bak. Meng die ertjies, rooi soetrissie, tamaties, sprietuie en pietersielie in.
2 Roer die mayonnaise, suurlemoensap en olyfolie deur en geur met die sout en peper.