Thursday 23 January 2014

Papbolletjies gevul met spek




Lourens de Lange
Papbolletjies gevul met spek

625 ml (2½ k) koue water 250 ml (1 k) White Star 2-minuut-mieliemeel 2 ml (½ t) sout 5 ml (1 t) olyfolie 250 g stukkies spek 1 ui, gekap 250 g sampioene, gesny sout en vars gemaalde swartpeper 250 ml (1 k) vars room 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met olie. 2 Maak ’n stywe papmengsel met die water en mieliemeel volgens die aanwysings op die verpakking. 3 Verhit die olie in ’n pan en braai die spek, ui en sampioene tot die spek bros en die uie deurskynend is. Geur met die sout en peper. 4 Rol die pap in bolletjies so groot soos jou handpalm en druk met jou duim ’n gat daarin en skep ’n lepel vol van die mengsel in die middel. Rol weer in ’n bolletjie. 5 Pak die gevulde papbolletjies in die bak, gooi die room oor en strooi die kaas bo-oor. Bak 35 tot 40 minute onbedek in die oond. Sit saam met braaivleis voor.