Sunday 26 January 2014

Mynhardt en Tiaan se Rooswater en kardamom pannacotta





Rooswater en kardamom pannacotta met vars bessies, bessie sorbet, rose malva jellies, eetbare blomme en klein meringue stukkies
Voorbereding:1 uur en sowat 4 ure vir stol, vries en stol

Pannacotta
• 450ml room
• 50ml rooswater
• 100g suiker
• 3 gelatien blare, (die lang blare, as jy net die kortes kry, gebruik 6...) geweek in koue water
• 3 kardamomsade

Verhit die room, rooswater, suiker, kardamom saam en verwyder van die hitte, voeg nou die gelatine by en roer oor ysbad tot dit begin set. Gooi in klein vorms en laat stol verder in die yskas.

Bessie sorbet
• 500g gemengde bessies
• 100g suiker
• 50g glukose

Verpulp alles en gooi in roomysmaker tot sag gevries. Hou in vrieskas vir opdiening.
Ons het hierdie sorbet gemaak deur die sorbet in ‘n Kenwood menger te meng
met die K spaan en deurentyd droeys in lepels vol by te voeg tot dit gestol was
en al die ys deur gemeng was. Dit het so 8 opskeplepels ys geneem.
Hierdie sorbet kan ook in 'n normale roomys masjien gemaak word

Jellies
Bestandele:
• 100ml suikerstroop (gemaak deur ½ koppie suiker oor ‘n lae hitte te smelt
saam met 100ml water)
• 3 roos malva blare
• 2 blare gelatien, geweek

Verhit stroop met die blare. Laat effe afkoel en voeg gelatien by. Set in 'n gesmeerde plat houertjie van so om en by 10 x 12cm – dit moet so 1cm
diep lê. Dop uit sodra dit gestol is en sny in vormpies.

Meringue

Oond op 'n koel, 50 grade

• 100g eierwit
• 50g fyn strooisuiker
• 50g versiersuiker

Klits die witte tot sagtepunt stadium en voeg nou die suiker stelselmatig by tot opgelos, vou nou die versiersuiker in en spuit op
voorbereide bakplaat in klein hopies. Plaat in 'n baie koue oon van sowat 50 grade tot uitgedroog en bros. Om op te dien rangskik al die voorbereide nagereg elemente en eetbare blomme op die boek en bedien dadelik aangesien die sorbet vinnig kan smelt.