Thursday 16 January 2014

Spinasiemuffins

  


Lourens de Lange
Spinasiemuffins

Bestanddele: 3 x 250 ml (3 k) koekmeelblom; 22.5 ml bakpoeier; 7.5 ml sout; 10 ml droë gemengde kruie; 250 ml gerasperde cheddarkaas of laevet-edamkaas; 1 bos (300 g elk) spinasie, goed gewas, fyn gekap, gekook en die meeste vloeistof uitgedruk; 125 ml olie; 125 ml melk; 125 ml water 3 eiers, geklits.
Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n paar muffinpanne met margarien of spuit met kossproei. Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak. Voeg die kaas en spinasie by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele by en meng. Skep die holtes van die muffinpanne driekwart vol en bak sowat 25 minute of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom.