Thursday 23 January 2014

Stampmielies met soetrissies en spekvleis




Lourens de Lange
Stampmielies met soetrissies en spekvleis

500 g stampmielies, oornag geweek
250 g spekvleisstukkies
15 ml (1 e) olyfolie...
1 groot ui, gekap
2 elk groen, rooi en geel soetrissies, in blokkies gesny
30 g vars pietersielie, gekap
sout en peper

1. Dreineer die stampmielies, verplaas dit na ’n pot en bedek met water. Bring tot kookpunt en laat prut dan 1-1½ uur oor matig lae hitte tot die water geabsorbeer en die stampmielies sag is, maar nie pap nie.
2. Braai die spekvleis in ’n groot pan tot bros. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en los die spekvleisvet in die pan.
3. Voeg die olie en die ui in die pan en braai tot die ui deurskynend is. Voeg die soetrissies by en roerbraai 3 minute. Voeg die stampmielies, pietersielie, sout en en peper by, en roerbraai nog 2 minute. Sit voor as ’n maaltyd of bykos.