Wednesday 22 January 2014

Lensiekerrie met naanbrood




Lourens de Lange
Lensiekerrie met naanbrood

NAANBROOD
200 ml (¾ k) melk
875 ml (3½ k) meel...
1 eier, geklits
2 ml (½ t) sout
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 t) bakpoeier
7,5 ml (½ e) droë gis
30 ml (2 e) groenteoplie, plus ekstra vir verf
60 ml (¼ k) gewone jogurt

KERRIE
500 ml (2 k) bruin lensies
500 ml (2 k) groen splitertjies
125 g botter
1 ui, grof gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
1 tamatie, grof gekap
2 cm vars gemmer, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 t) fyn koljander
sout en peper

VIR VOLTOOIING
5 ml (1 t) papawersaad
1. Naanbrood: Verhit die melk effens in ’n potjie. Verwyder van die hitte.
2. Sif die meel in ’n bak.
3. Meng die eier, sout, suiker, bakpoeier, gis, 30 ml (2 e) olie, jogurt en 80 ml (⅓ k) van die warm melk goed in ’n ander bak. Giet die mengsel oor die meel en meng dit met jou hande in.
4. Voeg die oorblywende warm melk 15 ml (1 e) op ’n slag by die meel. Begin knie op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Knie goed sowat 10 minute of tot die deeg elasties is.
5. Vorm die deeg in ’n bal, verf met ekstra olie, bedek met ’n klam lap en laat rys 2 uur teen kamertemperatuur.
6. Kerrie: Kook die lensies en splitertjies ’n halfuur in 2 L water.
7. Verhit die botter in ’n ander pot en braai die ui tot goudkleurig. Voeg die kerriepoeier by en roer tot deurgemeng. Roer die tamatie, gemmer en knoffel in en verhit 5 minute.
8. Dreineer die lensies en hou die water. Voeg die lensies by die tamatiemengsel. Voeg die lensies se kookvloeistof en koljander by. Roer goed en kook 20 minute. Geur met sout en peper.
9. Vir voltooiing: Voorverhit die rooster en verf drie bakplate liggies met olie.
10. Knie die brooddeeg weer ’n minuut of twee. Verdeel in ses balle en rol met ’n koekroller uit. Tik met jou hande tot jy traandruppelvorms het, elk sowat 28 cm lank en 10 cm breed. Plaas twee op elke bakplaat, bedek met ’n klam lap en los ’n kwartier op ’n warm plek.