Wednesday 22 January 2014

Lensie-happies




Lourens de Lange
Lensie-happies

250 g (1 ½ k) rooi lensies, gewas en geweek
15 ml (1 t) sterk kerriepoeier
5 ml (1 t) gerookte garam masala...
5 ml (1 t) gemaalde borrie
2 rooirissies, sade verwyder en fyn gekap
hand vol koljander, fyn gekap
sout en peper
olie vir braai

1. Dreineer die lensies en plaas in ’n voedselverwerker. Sit die verwerker een of twee keer vinnig aan om die lensies fyn te kap. Voeg die kerriepoeier, masala, borrie, rissies, koljander en sout en peper by.
2. Vorm die lensiemengsel in klein balletjies.
3. Maak die olie in ’n diep, klein potjie warm en diepbraai die bolletjies ’n paar op ’n slag tot hulle goudkleurig en krakerig is – ongeveer 5 minute. Haal dit uit die olie en laat dit op ’n papierservet droog.
4. Sit voor saam met ’n beetslaai.