Thursday 23 January 2014

Lensie gebak




Ronèl Smit

Ek is mal oor lensies dankie vir die resp.My famielie hou nie van lensies nie maar maak hierdie een wat ek op Maadband grkry het en hulle is mal daaroor:

Lensie gebak
Bedien 6 – 8
200g per porsie


- 500g botterskorsie, in blokkies gesny.
- 15ml (1 eetlepel) olyf- of canola olie.
- 2x 410g blikkies bruin lensies (gedreineer en afgespoel).

- 10ml (2 teelepels) paprika.
- 3ml (½ teelepel) rooipeper.
- 5ml (1 teelepel) komyn poeier.
- 10ml (2 teelepels) kerriepoeier.
- Sout en peper na smaak.
- 125ml (½ 410g blik) heel tamaties, gedreineer en fyngedruk.
- 50g tamatiepasta.
- Knippie suiker.
- 3 eiers.
- 125ml (½ koppie) vetvrye melk.

Metode

1. Voorverhit die oond teen 180°C.
2. Kook die botterskorsie in ‘n bietjie water tot gaar. Druk fyn tot ‘n growwe tekstuur en sit eenkant.
3. Verhit die olie in ‘n pan en soteer die ui tot deurskynend maar nie bruin.
4. Voeg die lensies, speserye, fyngedrukte tamaties, tamatiepasta en suiker. Meng goed.
5. Voeg fyngedrukte botterskorsie by die lensie en tamatie mengsel.
6. Geur met sout en peper.
7. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde, oondvaste bak of broodpan.
8. Klop die eiers en melk en gooi dit oor die mengsel. Maak klein holtes om toe te laat dat die eier die lensie mengsel deurdrenk.
9. Bak teen 180°C vir 30 minute of tot gestol en bruin bo-op.