Thursday 23 January 2014

Kruietuin idee

In die somer is dit altyd lekker om 'n kruietuintjie te begin, maar min van ons het regtig die tyd om reuse kombuis tuine aan die gang te hou. 
'n Oulike idee is om ou teepotte te neem en jou kruie daarin te plant. 
Onthou net dat as die pot nie onder in gate het nie (dis nie altyd maklik om gate in te boor nie), benodig jou plant baie min water. 
Jy kan die teepotte dan in 'n ry op jou kombuisvensterbank sit en dis sommer deel van jou dekor, of jy kan hulle by jou agterdeur op 'n tafel rangskik sodat dit lyk of iemand 'n teeparty hou - dan is dit dalk sommer ook 'n tuin fokus punt.  Foto house to home