Thursday 23 January 2014

Fudge




Lourens de Lange
Fudge

1 kg witsuiker
125 g botter
250 ml (1 k) melk...
25 ml (5 t) gouestroop
knippie sout
1 blik (385 g) kondensmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Spuit ’n bakplaat goed met kossproei.
1. Plaas al die bestanddele behalwe die kondensmelk en vanieljegeursel in ’n swaarboomkastrol.
2. Verhit en roer met ’n houtlepel tot die suiker heeltemal opgelos het. Moenie dat die mengsel kook nie. Gebruik ’n kwassie wat in water gedoop is om die suikerkorreltjies om die kante van die kastrol af te borsel. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook 5 minute stadig.
3. Roer die kondensmelk by die suikermengsel in en roer goed tot die mengsel weer begin kook.
4. Laat die mengsel stadig 20-30 minute kook sonder om te roer tot dit karamelbruin is.
5. Verwyder van die hitte en laat 7 minute afkoel.
6. Klop die mengsel met ’n houtlepel tot dit begin styf word. Roer die vanieljegeursel by.
7. Giet vinnig uit op die voorbereide bakplaat.
8. Wanneer die mengsel amper gestol is, sny ligweg kepe vir die fudgeblokkies.
9. Wanneer dit heeltemal gestol is, sny die fudge in blokke en bêre in ’n lugdigte houer tot benodig.