Thursday 23 January 2014

Tuin vir tee en boeklees - al is dit piepklein


Hierdie fototjie dien as inspirasie vir ons almal.  Dis net weer 'n bewys dat mens nie 'n reuse plek benodig om vir jouself 'n pragtige tuin en kuierplekkie te maak nie.

Hier is sommer malvas in verfblikke geplant en dit lyk nie eens snaaks nie.  Hoe meer groenigheid in so 'n spasie, hoe rustiger die atmosfeer.  Probeer dit gerus as jy 'n klein spasie het.  'n Paar potte met mooi plante daarin wat jy maklik elke dag met 'n beker kan water gee en siedaar.  Geen harde werk, maar 'n pragtige plekkie waar jy rustig kan tee drink of 'n boek lees.