Wednesday 22 January 2014

Kaasmuffins




Kaasmuffins

Lewer sowat 6-8 klein muffins
 Bereidingstyd: 2-3 minute
 Gaarmaaktyd: 15-20 minute

250 ml (1 k) koekmeel
 knippie sout
 7 ml (1½ t) bakpoeier
 2 ml (½ t) mosterdpoeier
 250 ml (1 k) sterk cheddarkaas, gerasper
 handvol gekapte spinasie
 250 ml (1 k) melk
 geroomde maaskaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Voer ’n muffinpan uit met papierkoppies.
1.Meng al die bestanddele behalwe die melk en roomkaas. Maak ’n holte in die middel en voeg die melk by.
2.Roer tot dit net gemeng is. Skep in papierkoppies en bak 15-20 minute tot gaar of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom.
3.Sit voor saam met die geroomde maaskaas.
HUISGENOOT