Monday 20 January 2014

Hawermout-en-rosyntjie-stafies




Hawermout-en-rosyntjie-stafies op ’n stokkie
maak 6 – 8 stafies

• 140 g bruinsuiker
• 125 ml heuning
• 20 ml botter
• 300 g hawermout

• 200 g gemengde neute, gekap
• 100 g rosyntjies
• 8 sosatiestokkies
• witsjokolade, gesmelt

Bring suiker, heuning en botter oor lae hitte tot kookpunt. Verlaag temperatuur en laat prut vir 8 – 10 minute. Meng hawermout, neute en rosyntjies in ’n groot mengbak. Gooi warm stroop bo-oor en meng vinnig deur. Druk in ’n plat pan wat uitgevoer is met bakpapier, tot sowat 2 cm dik. Druk dit baie styf vas. Plaas in die yskas om af te koel. Keer uit op ’n kapplank en sny sirkels uit met ’n koekiedrukker. Druk stokkies in en sprinkel gesmelte witsjokolade bo-oor met ’n lepel.

Wenk
Jy kan die mengsel ook in stafies sny en inpak skool toe as ’n gesonde peuselhappie.