Wednesday 22 January 2014

Groentebredie met kruiekluitjies




Lourens de Lange
Groentebredie met kruiekluitjies

15 ml (1 e) olie
1 rooi ui, gekap
1 blik (400 g) tamatiepuree...
1 blik (400 g) gekapte tamaties
1 pakkie sampioensouspoeier
500 ml (2 k) warm water
4 aartappels, in blokkies gesny
1 blik (400 g) kekerertjies
500 ml (2 k) bevrore groenbone, gesny

KLUITJIES
250 ml (1 k) bruismeel
30 ml (2 e) olie
15 ml (1 e) fyngekapte cheddarkaas
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
80 ml (⅓ k) water

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en soteer die uie ’n paar minute. Voeg die tamatiepuree en gekapte tamaties by. Meng die souspoeier met die warm water en roer dit by die tamatiemengsel in. Voeg die aartappels, kekerertjies en groenbone by en laat prut 20 minute.
2 Kluitjies: Sif die meel in ’n bak en voeg die olie, kaas en pietersielie by.
3 Voeg sowat 45 ml (3 e) water by en dan nog ’n bietjie op ’n slag om ’n sagte deeg te maak wat nie taai is nie. Maak jou hande effens klam en rol die deeg in 8 balletjies.
4 Stel die hitte onder die groentebredie laer, voeg die kluitjies by en laat prut nog 10 minute of tot die aartappels sag en die kluitjies deurgaar is.