Wednesday 22 January 2014

Groente-roerbraai met kaas en druiwe




Lourens de Lange
Groente-roerbraai met kaas en druiwe

250 ml (1 k) jasmynrys
45 ml (3 e) sojasous
45 ml (3 e) hoisin-sous...
30 ml (2 e) balsemieke asyn
30 ml (2 e) soet brandrissiesous
15 ml (1 e) mielieblom
125 ml (½ k) water
15 ml (1 e) olie
2 preie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, in skywe gesny
15 ml (1 e) gerasperde gemmer
100 g sampioene, gekap
100 g druiwe, gehalveer
50 g ricottakaas, in blokkies gesny

1 Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie.
2 Meng die sojasous, hoisin-sous, asyn, brandrissiesous, mielieblom en water in ’n bak tot glad.
3 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die preie, knoffel en gemmer by en roerbraai liggies. Voeg die sampioene en druiwe by en soteer 3 minute. Voeg die sojasousmengsel en ricottakaas by en laat prut 5 minute.
4 Skep die rys en roerbraai in bakke en sit voor.