Thursday 23 January 2014

Botterskorsie-laagbrood




Lourens de Lange
Botterskorsie-laagbrood

500 g brooddeeg
500 g gaar botterskorsieblokkies
100 g fetakaas, grof gekrummel...
30 g botter, gesmelt

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 9 x 20 cm-broodpan met olie of bespuit dit met kossproei.
2. Laat die deeg sowat 20 minute rys en knie dit af op ’n meelbestrooide werkoppervlak.
3. Deel die deeg in drie ewe groot dele en vorm langwerpige rolletjies.
4. Plaas die eerste rolletjie onderin die gesmeerde broodpan en druk dit effens plat.
5. Versprei ’n derde van die botterskorsie en ’n derde van die fetakaas bo-oor en herhaal met die res van die deeg, botterskorsie en fetakaas. Eindig met deeg.
6. Laat die deeg 20-30 minute op ’n warm plek rys. Verf die bokant met gesmelte botter en bak 30-40 minute of tot gaar.
7. Laat ’n paar minute staan, haal die brood uit die pan en laat dit afkoel.