Thursday 23 January 2014

Blikkiesbrood




Lourens de Lange
Blikkiesbrood

• 1 kg gekoopte brooddeeg
• 50 ml tamatiepuree
• 50 ml mayonnaise...
• 60 ml (¼ k) fyn appelkooskonfyt
• 125 g gaar spekvleis, in
• blokkies gesny
• 200 g fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit die blikkies baie goed met kossproei.
1. Bedek ’n werkoppervlak met meel en rol die deeg dun uit.
2. Meng die tamatiepuree, mayonnaise, appelkooskonfyt, spek en kaas.
3. Smeer die mengsel oor die uitgerolde deeg en rol die deeg versigtig op.
4. Sny in rolle van sowat 10 cm lank en plaas versigtig in die blikkies.
5. Laat 20-30 minute rys en bak 40-60 minute of tot gaar.
6. Laat ’n paar minute staan en haal uit die blikkies.
7. Sny in dik skywe en sit voor.