Thursday 23 January 2014

Braaibroodrol



Braaibroodrol

30 ml (2 e) koekmeel
1 kg gekoopte deeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt...
3 knoffelhuisies, fyn gekap
10 ml (2 t) tiemieblare
125 ml (½ k) blokkies gaar spek
125 g sampioene, fyn gekap
1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny
125 g ham, fyn gekap
250 ml (1 k) Cheddarkaas, gerasper
1 eier, geklits
30 ml (2 e) olyfolie

1. Strooi die meel oor ’n skoon werkoppervlak en rol die deeg uit. Smeer botter oor.
2. Sprinkel die knoffel, tiemie, spek, sampioene, soetrissie, ham en kaas oor die deeg.
3. Rol die deeg op soos ’n Switserse konfytrol.
4. Vou die kante in en verf die rol met eier.
5. Smeer ’n stuk foelie met die olie, bedek die rol met die foelie en bak die brood op matige kole tot gaar en goudbruin.