Thursday 23 January 2014

BEESSTERT-POTBROOD




Lourens de Lange
BEESSTERT-POTBROOD

500 g bruismeel 1 pakkie (60 g) beesstertsoppoeier 1 ml (¼ t) sout ... 1 ml (¼ t) rissiepoeier 125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper 500 ml (2 k) karringmelk
Verhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot, plat swartboompot met olie of spuit met kossproei.

1. Meng die bruismeel, soppoeier, sout en rissiepoeier bymekaar en meng goed.
2. Meng die meelmengsel met die kaas en karringmelk. Roer baie goed.
3. Skep die deeg in die pot en bak 45-60 minute tot gaar.