Wednesday 22 January 2014

Aartappleroomtert

 


Lourens de Lange
Aartappleroomtert

250 g spekvleis, gekap
2 rooi-uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk...
2 kg aartappels, geskil, in wiggies
gesny en effens gekook
sout en peper
250 ml (1 k) room
50 g parmesaankaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
1. Braai die spekvleis tot bros en hou eenkant.
2. Braai die uie en knoffel in dieselfde pan tot gaar en hou eenkant.
3. Geur die aartappels goed met sout en peper.
4. Pak die aartappels, spekvleis en uiemengsel om die beurt in lae in ’n oondbak.
5. Giet die room oor en sprinkle die kaas oor.
6. Bak 20-30 minute of tot die aartappels goudbruin en deurwarm is.